Jaco Jacobs

Stacks Image 30
Jaco se gewilde tienerboeke soos Suurlemoen!, ’n Goeie dag vir boomklim, Vis en tjips en Perfek word nie net wyd by skole voorgeskryf nie, party is al oorsee vertaal en tot plaaslike rolprente verwerk.

Tekkies is ’n grafiese roman uit Jaco se pen, met fantastiese strokies-illustrasies deur Alistair Ackermann. Die inspirasie vir die boek was Jaco se eie paar knalbont drafskoene!

Die tienerboek Die fantastiese verdwyning van Charlie Prins was eers 'n rolprent wat in 2023 op kykNET verskyn het, met 'n draaiboek geskryf deur Jaco. Die boek het ná die fliek verskyn.

Het jy geweet?

Die flieks "Suurlemoen!" en "Nul is nie niks nie" is albei op Jaco se boeke gebaseer.