DIE SKRYWER AGTER DIE BOEKE



Jaco is op ín Karoodorpie met die naam Carnarvon gebore. Hy was net sewe jaar oud toe hy al sy eerste storie geskryf en geÔllustreer het (maar hy sÍ dit was so simpel dat nie eens sy ma en pa dit wou lees nie). Hy was sy hele skoolloopbaan in die HoŽrskool Carnarvon, en in matriek was hy hoofseun (van ín klas van net 14 matrieks!). NŠ skool het hy B.A. Kommunikasiekunde en sy honneurs in Afrikaanse en Nederlandse letterkunde aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi, voordat hy by Volksblad in Bloemfontein begin werk het, onder meer as redakteur van JIP. Deesdae is hy uitgewer van kinder- en jeugboeke by LAPA Uitgewers.  Hy het sy eerste boek, Pretpark, reeds aan die einde van matriek geskryf (hoewel dit eers heelwat later gepubliseer is). Sy eerste boek wat verskyn het, was Troetelgedrog (2001). Sedertdien het hy al meer as 120 boeke vir kleuters, kinders en jong volwassenes geskryf.  Hy woon in Bloemfontein saam met sy vrou, Elize, sy dogtertjies, Mia en Emma, en drie honde, Pippie, Binki en Otto. (Otto hou duidelik baie van Jaco se skryfwerk, want hy het onlangs een van sy manuskripte opgeŽet!)

HET JY GEWEET?

* Jaco het self die klei-illustrasies vir die eerste uitgawe van sy boek Wurms met tamatiesous gedoen, saam met sy vriendin Andrelise Meiring.

* Hy ly aan hoogtevrees!

* Op skool was hy glad nie sportief nie, maar deesdae is hy mal oor draf. Hy neem gereeld aan padwedlope deel.

* Hy versamel aksiefiguurtjies en PEZ-houers.

* Hy besit Šl Stephen King se boeke.

* Hy het al meer as 250 boeke in Afrikaans vertaal.

* Hy kan nie ín ordentlike dasknoop maak nie.

* Hy dink "tatoeŽer" en "kafeÔen" is twee van die moeilikste woorde op aarde om te spel.

* In 2014 is ín fliek gegrond op Jaco se jeugroman Suurlemoen! vrygestel.  'n Fliek gegrond op Oor 'n motorfiets, 'n zombiefliek en lang getalle wat deur elf gedeel kan word is tans in produksie. Die titel daarvan is Nul is nie niks nie en dit word in 2017 uitgereik.