Jaco Jacobs

RIEK & NIEK

Riek het rooi hare, blou oë en presies dertien sproete. Hy hou van pizza, videospeletjies en skaatsplank ry. As hy groot is, wil hy graag ’n uitvinder word.

Niek het swart hare en bruin oë. O, en hy kan sy ore wikkel. Niek hou van rekenaars, roomys en grappies vertel. As hy groot is, wil hy graag ’n grappieboek skryf.

Riek en Niek is beste maats.

En jy kan allerlei kattekwaad en avonture saam met dié twee beleef …
Stacks Image 21
Stacks Image 19

Het jy geweet?

Riek en Niek se klasonderwyseres is juffrou Burp … ek bedoel, juffrou BURK. Sy hou van rofstoei, brei en baie hard gil. Sy gil partykeer so hard dat 'n walvis in die middel van die Stille Oseaan per ongeluk 'n string borrels onder die water los!