Zackie Mostert
Zackie Mostert het geen bekendstelling nodig nie! Hope Afrikaanse kinders het grootgeword met die avonture en kattekwaad van Granaatstraat se bekendste inwoner.
Zackie en sy beste vriend, Vincent, het hope pret – of hulle nou ’n spookstorieaand hou, rugby speel of besluit om aan ’n melkskommeldrink-kompetisie deel te neem. Natuurlik maak die knorrige buurvrou, mevrou Langenhoven, dinge gereeld vir hulle moeilik. En almal weet die grootste boelie in Zackie-hulle se skool, Anton, bly ook in Granaatstraat. Anton se vuiste is so groot soos spanspekke, hy is so vriendelik soos ’n gorilla met tandpyn, en as jy jou voortande liefhet, sal jy eerder uit sy pad bly!
Die Zackie-boeke is nou in drie lekker dik omnibusse te kry.
En goeie nuus vir beginnerlesers is dat die Z IS VIR ZACKIE-reeks perfek is om jou in ’n japtrap aan die lees te kry! Dié lekker leesboekies is nou in bekostigbare boksstele te koop - en ook in Engels beskikbaar.