Jaco Jacobs

WALDO

Is jy gereed vir ’n avontuur wat jou asem gaan wegslaan?

Waldo en sy beste maat, Connie, ondersoek allerhande vreemde verskynsels. Van ’n geheimsinnige gedaante wat snags in die parkie voor hul woonstelblok rondsluip, tot ’n draakeier wat in ’n antiekwinkel opduik. Maar sal hulle die grootste raaisel van almal kan oplos … die geheimsinnige verdwyning van Waldo se pa, jare gelede?

Hierdie reeks van vier boeke beloof om avontuurlustige jong lesers heerlik te laat naels kou.
Stacks Image 12
Stacks Image 14
Stacks Image 16
Stacks Image 18

Het jy geweet?

Waldo se ma is 'n loodgieter, en die paneelwa waarmee sy rondry, was vroeër jare 'n roomyswaentjie. Dis waarom die toeter steeds dei roomyskar-deuntjie speel - iets waaroor Waldo hom morsdood skaam as sy ma hom by die skool kom oplaai!