Jaco Jacobs

FEITE & GRAPPIES

Is jy versot op fantastiese feite? Jaco het oor die jare ’n hele klomp boeke vol asemrowende feite geskryf.

In Kan ’n walvis winde los? en Sal ’n skilpad op jou piepie? gaan soek ons die antwoorde op ’n klompie lekker grillerige vrae oor die natuur.

Het jy al ooit gewens jy kan ’n storie of ’n rympie skryf? In Tussen die lyne nooi Jaco jou om by sy lessenaar te kom sit, en hy deel ’n hele klomp van sy skryfgeheime. Jy kan speel-speel leer skryf saam met Professor Fungus, Zackie Mostert en ’n sekere rock-ster-ouma!

En as jou kop propvol slim feite is, is dit tyd om ’n lekker grappieboek nader te trek en jou maats te laat skater!
Stacks Image 9
Stacks Image 12
Stacks Image 15
Stacks Image 18