REEKSE

Min dinge is so lekker soos om 'n hele reeks boeke oor die avonture van jou gunsteling-karakters te verslind. Ontdek die gewilde reeksboeke uit Jaco se pen.
ZACKIE MOSTERT

    

Granaatstraat is ín straat nes enige ander straat. Of miskien nie heeltemal nie - dis immers die straat waar Zackie Mostert bly ... En waar Zackie is, gebeur altyd allerlei opwindende dinge!

1. Zackie Mostert en die ongelooflike kulkunsie
2. Zackie Mostert en die (Byna) Baie Briljante Idee
3. Zackie Mostert en die super-aaklige soen
4. Zackie Mostert en die Gemaskerde Groen Gevaar
5. Zackie Mostert en die spokerige storie
6. Zackie Mostert druk ín drie
7. Zackie Mostert en die geheimsinnige gedaante
8. Zackie Mostert en die wriemelende wurmkoekies
9. Zackie Mostert en die meisiemoles
10. Zackie Mostert en die baie beroemde hond
11. Zackie Mostert en die katkrisis
12. Zackie Mostert en die vreeslike verjaardag
Zackie Mostert se Groot Grapboek


PROFESSOR FUNGUS

    

By Einstein se snor! Daar gaan nooit 'n dag verby sonder dat allerlei opwindende dinge in professor Fungus se laboratorium gebeur nie. Bennie en Jenny is mal daaroor om hul oom met sy eksperimente te help - as hy nie per ongeluk zombie-tamaties kweek nie, laat hy hulle in die tyd van die dinosourusse beland. Agterin elke boek is boonop 'n eksperiment wat jy self kan probeer.
1. Professor Fungus en die zombie-tamaties
2. Professor Fungus en die ongelooflike miniatuur-avontuur
3. Professor Fungus en die mensvreter-piranhas
4. Professor Fungus en die skrikwekkende Snotzilla
5. Professor Fungus en die dino-avontuur
6. Professor Fungus en die robotkrisis
7. Professor Fungus en die jelliemonsters van Mars
8. Professor Fungus en die BreinDrein-eksperiment
9. Professor Fungus en die diepsee-dilemma
10. Professor Fungus en die vreeslik gevaarlike tuinkabouters
11. Professor Fungus en die sneeumasjien
12. Professor Fungus en die monsterformule
BASTIAN BLOM
   
Allerlei vreemde dinge gebeur gereeld in Bastian se pa se antiekwinkel. 'n Lekker grillerige reeks vir seuns en meisies. (LET WEL: Hierdie reeks is ongelukkig tans uit druk.)
1. Bastian Blom en die pratende portret
2. Bastian Blom en die gillende geraamte
3. Bastian Blom en die woedende weerwolf
4. Bastian Blom en die Magtige Moerasmonster
'N KAS VOL MONSTERS
    
Is jy dapper genoeg om in die kas te loer? Die kas in Denver se kamer is die geheime ingang na 'n kasteel vol monsters! Ontmoet 'n paar baie snaakse monsters wat jou sal laat skaterlag (en jou 'n paar koue rillings sal gee!). (LET WEL: Hierdie reek is ongelukkig tans uit druk.)
1. Die groen hand
2. Vampierfoto's
3. Hollywood-mummie
4. Weerwolfprobleme
5. Die perfekte monster
6. Kinderspeletjies
GRILLE EN GOETERS
    

Het jy senuwees van staal ...? Dan is hierdie reeks net die ding om saans laat te lees, wanneer die wind buite waai en die takke teen jou ruite krap ... Weerwolwe, monstervlermuise, speelgoed wat vreemde dinge begin doen ... Maak gereed om hoendervleis te kry!

* Troetelgedrog

* Tande

* Nag van die monsters

* Nagvlerke

* Voelers

STALMAATS
    
Is jy versot op perde en perdry? Dan sal jy mal wees oor Anri en haar maats se avonture by die Dagbreek-ryskool. Jy kan die boeke apart of as 'n reeks lees.
1. Perdedrome

2. Totsiens, Sugarplum
3. Anri se plan
4. Die spookperd
5. Die beroemde ruiter
6. Komaan, Karen!
7. Seeponies
8. Roset
9. Vrye Teuels
10. Gevaar op Dagbreek
11. Sirkusperde
12. Afskeidsrit
13. Perdespeurders
14. Rivierperde
15. Stormnag
16. Wegholrit
17. Waaghals
18. Perdepiekniek

HET JY GEWEET?
Zackie Mostert bly in 'n straat met die naam Granaatstraat. Toe Jaco Jacobs op skool was, het hy op die Karoodorpie Carnarvon gebly - in Jacobsstraat!