NUUT

9780799379211Jaco Jacobs se heel GROOTSTE rympieboek OOIT bevat 365 rympies (en n bonusrympie vir n skrikkeljaar) wat kinders (n grootmense!) heeljaar sal laat skaterlag! Daars rympies oor oupas en oumas, goggas, krieket, ruimtevaarders, seerowers, spoke, skool-toilette, Kersvader en krokodille ...
Die perfekte geskenk om enige kind heeljaar lank besig te hou!





GROENVINGERSSasha is mal daaroor om eksperimente te doen. Haar oupa was immers n wreldbekende wetenskaplike. Soms loop Sasha se eksperimente nou wel ietwat skeef maar dis deel van die pret! Toe sy op n dag n paar vreemde pitte in haar oupa se ou trommel ontdek, besluit sy om dit te plant. Eers lyk dit of niks gaan gebeur nie ... maar dan maak n monsterplant sy verskyning in die natuurwetenskapklas! Dit lyk selfs of die plant van plan is om juffrou Jansen op te eet ... tensy Sasha blitsvinnig n plan kan beraam! n Avontuurbelaaide storie vir jong lesers, propvol skaterlag-humor! 



VISKOSWat sal jy doen as n boelie jou goudvis in die skool se toilet afspoel? Dit is presies wat met Dennis gebeur. Gelukkig kry hy sy goudvis terug. Maar iets is nie reg nie ... Kort voor lank begin Flaffie vreemde goed doen soos om Dennis se huiswerk op te eet! Daar wag n GROOT skok op die hele skool ... 


Hou hierdie bladsy dop vir nuwe boeke uit Jaco se pen!