Jaco is op ’n Karoodorpie met die naam Carnarvon gebore. Hy was net sewe jaar oud toe hy al sy eerste storie geskryf en geïllustreer het (maar hy sê dit was so simpel dat nie eens sy ma en pa dit wou lees nie). Hy was sy hele skoolloopbaan in die Hoërskool Carnarvon ('n gekombineerde hoër- en laerskool), en in matriek was hy hoofseun (van ’n klas van net 14 matrieks!).
Ná skool het hy B.A. Kommunikasiekunde en sy honneurs in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi, voordat hy by Volksblad in Bloemfontein begin werk het, en daarna as uitgewer by ’n bekende uitgewery. Deesdae spits hy hom voltyds op skryf- en vertaalwerk toe. Hy het sy eerste boek, Pretpark, reeds aan die einde van matriek geskryf (hoewel dit eers heelwat later gepubliseer is). Sy eerste boek wat verskyn het, was Troetelgedrog (2001). Sedertdien het hy al meer as 290 boeke vir kleuters, kinders en jong volwassenes geskryf.
Hy woon in Bloemfontein saam met sy vrou, Elize, sy dogters, Mia en Emma, drie honde, ’n kat en ’n troetelluislang.